Somaliese kat

Somaliese kat
Alternatiewe naam  Somali, langharige Abessiniese kat
Land  VSA
Ontstaan  Mutasie
Pels  Lank
Patroon  Strepies
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Die Somaliese kat (Engels: Somali) is ’n katras wat ontstaan het uit langharige Abessiniese katte. Hulle het in die 1950's hul verskyning gemaak ná ’n program waarin geteel is met ’n paar Abessiniese katjies wat gebore is met ’n wollerige pels en ruie stert. Die twee rasse het dieselfde geaardheid: intelligent, spelerig en nuuskierig, maar Somaliese katte is meer ontspanne en minder aktief.

Die lyf en kleur van die twee rasse stem ooreen, hoewel die langer hare van die Somaliese kat meer instandhouding verg. Anders as ander langhaarkatte, verloor Somaliese katte min hare – dit word gewoonlik een of twee keer per jaar gelyk verloor, eerder as deur die jaar soos byvoorbeeld die Persiese kat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy